![]() | Duiwekloof It is impossible to describe the uniqueness of the Baviaanskloof. It is a hidden paradise, a landscape of contrasts. In this unspoiled, rugged mountainous terrain, lies Duiwekloof. The absolute tranquility of the early morning is broken only by the echoes of the dove’s lovely call, hence “Valley of the Doves”. The kloofs, waterfalls and rivers bring you to the realization that you are in wild country. |
![]() | Historical Guesthouse Ervaar 'n belangrike deel van Suid-Afrikaanse Geskiedenis in hierdie historiese gebou met Victoriaanse meubels, ou wêreld sjarme en onoortreflike gasvryheid. Die gastehuis is smaakvol gemeubileer met antieke meubels, aangevul deur 'n groot versameling Afrikana wat die oordeelkundige besoeker sal fassineer en ontelbare insigte van die Suid-Afrikaanse lewenswyse van lank terug sal verskaf. Tuin- en selfsorgkothuise is almal en suite. Drankies word in die Old Bar of tuin bedien. 'n A la carte-restaurant is beskikbaar vir middagete en aandete. Ervaar Karoolam soos jy dit nog nooit van tevore geproe het nie. |
![]() | Die Ou Tronk The Old Jail is in Willowmore, 'n rustige plaasdorpie in die Karoo geleë en bied 'n unieke en onvergeetlike ervaring. Die gebou is op die soom van die dorp en die Baviaanskloof met die Swartberge as 'n indrukwekkende agtergrond. Die gebou dateer uit die 1880's en is een van die beste voorbeelde van Victoriaanse argitektuur in dié omgewing. Daar is 3 slaapkamers in die hoofgebou. Hospital Room het 'n volledige en suite-badkamer, terwyl Female Cell en Awaiting Trial hul eie privaat badkamergeriewe oorkant die binnehof het. Die 3 binnehowe is heeltemal privaat en is in ou tronk self geleë. Farmers Suite 1 en 2, asook Donkey Room is in die ou perdestalle. Dié gesinseenhede is naby die parkeerarea wat hulle maklik bereikbaar maak. Donkey Room en Farmers Suite 2 het skakeldeure en is perfek vir 'n groter gesin. |
![]() | Verberg Herberg Verberg Herberg Inn lê in 'n rustige vallei van plase net 15 km van die Baviaansvallei af. Die verwelkomende gasteplaas is ideaal geleë tussen Uniondale en Willowmore en is die ideale wegspringpunt vanwaar gaste die ongelooflike omgewing kan verken. Geniet die majestueuse uitsig op die Swartberge terwyl jy 'n koppie koffie geniet. The Inn het 'n keuse van 4 gastekamers: Daar is 2 en suite-dubbelkamers en twee 2-enkelbedkamers. Al die kamers is pragtig toegerus met silwerskoon linne, uitgekose kunswerke en geriewe. Elke kamer het 'n ontbythoekie, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. |



