Accommodation

Ouwerf Gastehuis

Ouwerf gaste huis is in Uniondale gelee en hier kan die rustigheid van die karoo no geniet word, ver van die stad se gejaag af. Die gebou dateer uit 1888 en is in 2017 opgeknap met pragtige geelhout vloere en plafonne. Ouwerf gastehuis bied meer as net 'n plek om oor te slaap, dit bied kos vir die siel.
Huisie Ommie Hoek

Huisie Ommie Hoek is 'n ten volle gemeubileerde, losstaande tweeslaapkamerkothuis in 'n stil straat weg van die hoofstraat af in Uniondale. Dit het 'n volledige badkamer met bad en stort, leefkamer met DStv en 'n ten volle toegeruste kombuis. Daar is veilige parkering op die erf. Beddegoed en handdoeke word voorsien. 'n Ruim hoofslaapkamer met dubbelbed en bababed, asook 'n ruim tweede slaapkamer met 3 of 4 enkelbeddens is beskikbaar. Besprekings vir aandete kan op versoek gereël word. Ander maaltye is op versoek beskikbaar.
Shulteheim Hotel

Die Shulteheim Hotel in Uniondale dateer uit 1832 en is onlangs opgeknap om die gebou tot sy eertydse glorie te herstel.

Dié hotel het en suite-kamers met koffie- en teemaakgeriewe.

Uniondale is die middelpunt tussen Kaapstad en Port Elizabeth. Dis die perfekte oornagplek vir toeriste op pad na Baviaanskloof en die Prins Alfredpas. Die omliggende gebied spog met belangrike historiese en kulturele besienswaardighede.